Tuesday 19 December 2017

Corne Visser | Amoré kom!


As jou beste vriendin so mooi is kan mens nie nee se vir 'n paar foto's neem nie!

Corne Visser, verwag haar 2de kind (ja glo dit!) en die sessies was sommer 'n lekker
verskoning vir 'n kuier in die mooie sandveld. 

Dit was my eerste "melkbad" sessie, en het soveel respek gekry vir die ander fotograwe wat
dit so baie doen! Jou balans en spier-uithouvermoë word definitief getoets. Corne was so braaf
om hierdie sessie met koue water aan te durf nadat haar man gaaf genoeg was om emmers vol water vir ons aan te dra. Die bad is in 'n ou plaas huis wat ongelukkig nie meer water toevoer het nie. 

Amoré maak haar verskyning vroeg Januarie. Ons sien baie uit na die nuwejaars geskenkie van bo! 

© Grafiac 2011 – present. All Rights Reserved - Images in this album or any part of the images, may not be used, reproduced, copied or dissimulated in any manner without prior written permission




























No comments:

Post a Comment